Ek is Freddie. Ek is ‘n Berader.
Daar is min dinge in die lewe wat vir my groter plesier bring as wanneer ek ‘n kliënt my toelaat om saam met hulle op ‘n persoonlike ontdekkingsreis te gaan. Ek hou daarvan om aan my kantoor te dink as die plek waar geheime kom om dood te gaan en waar kliënte my toelaat om hulle emosioneel by te staan om die beste moontlike weergawes van hulself te word. Die tipe mense wie hulle kan liefhê en op trots kan wees.
Ek hou daarvan om my kliënte in die oë te kyk, hulle by die hand te vat en ‘n pad van insig en groei saam hulle te stap. ‘n Pad waar niemand oordeel nie en waar alle weergawes van onsself welkom is. Ons werk in ‘n atmostfeer van warmte, empatie, deernis, aanvaarding en totale konfidensialiteit.
- Ek sien myself as ‘n kliënt-gesentreerde psigoterapeut, wie sy kliënte en hulle behoeftes die middelpunt van die terapeutiese proses maak.
- Ek spesialiseer in inner-kind werk, waar ons die seergemaakte kind binne die kliënt gaan haal en vir hulle die liefgewende ouer word wat hulle nodig gehad het toe hulle op hul mees kwesbaar was. Ons werk saam om vir hulle te gee dit wat hulle nodig gehad het, maar nooit gekry het nie.
- Ek is trauma-ingelig. Ek pas die geloof toe dat, in die woorde van Gabor Maté “dit nie is wat met ons gebeur het wat die belangrikste is nie, maar hoe ons dit wag gebeur het interpreter”, wat ons terapeutiese tyd en energie verdien.
- Ek glo in epigenetika en intergenerasionele trauma; dat die liggaam die telling hou (soos bespreek in sy boek, “The Body Keeps the Score” deur Bessel van der Kolk) en dat somatiese (met betrekking tot die liggaam) werk ‘n integrale deel van ‘n terapeutiese reis is. Dit is om hierdie rede dat ek in die proses is om te kwalifiseer as ‘n Biodinamiese Caniosacral Terapeut. Intussen werk ek met my kliënte op praktiese maniere om hulle by te staan in die drieklank van liggaam, brein en gees, om in optimale gesondeheid hulle beste lewens te leef.
Ek help my kliënte met stress, depressie, verhouding- en kommunikasie uitdagings, dwelm- alkohol- seks- kos- tegnologie- en enige ander verslawing onder die son, trauma, tekort aan selfagting en woede, en vele ander kwessies wat nie hier genoem word nie. Ek hou daarvan om bystand te verleen aan geliefdes van persone wie met verslawingskwessies sukkel.
My kliënte en ek werk saam om oplossings te vind vir uitdagende lewenssituasies. Ons vind nuwe perspektiewe op hulle bekommernisse en ek gee leiding tot positiewe uikomstes. Ek gee praktiese insette om kliënte te help om bewuste, rasionele en goed-ingeligte besluite te neem, wat gesond en veilig vir hulle is.
En laaste, maar geensins die minste nie, probeer ek, sovêr ek moontlik kan, om die proses genotvol te maak. Net omdat terapie iets ernstig is, beteken dit nie dat ons nie genot daaruit kan put nie.
Om ‘n afspraak te maak, gaan na Kontak
A 12-step guide to life
24 day 12-step coaching
“The First Layer” is the fist book I wrote and it is still available to be purchased!