Oor my

Ek is ‘n Spesialis Welstand Berader, geregistreer by die Association for Supportive Counsellors and Holistic Practitioners (ASCHP - Registrasie nommer SWC18/280). Ek is ook ‘n Verslawingsberader by die Board of Addiction Professionals of South Africa (BAPSA - M0001232) en ‘n Gesertifiseerde Professionele Herstel Afrigter (Certified Professional Recovery Coach). Ek is tans besig om te kwalifiseer as ‘n Biodinamiese Craniosacral Terapeut.

Ek is gebore, getoë en gegradueer in Johannesburg. Ek het begin met ‘n BA Geesteswetenskappe, hoofvakke Sielkunde en Sosiologie, by die dan Randse Afrikaanse Universiteit (nou University of Johannesburg). Ek het dit opgevolg met ‘n Honneursgraad in Sosiologie, met spesialiteitsrigtings Gesins- en Industriële Sosiologie, saam met Groepsdinamika. Ek het my as Berader gekwalifiseer deur Unisa.

My professionele en peroonlike belangstelligs is inner-kind werk, historiese en huidige trauma verslawing in enige vorm en manifestasie (van alkoholisme en dwelms na kos, seks, liefde en enige vorm wat verslawing kan neem), selfbeeldverryking, woede beheer, stres en angs. Ek het ‘n spesiale liefde vir twaalf stap begeleiding en om bystand te verleen aan die geliefdes van persone met verslawingsgeneigtheid.

Ek glo sterk daarin dat die mag van verbale ontlading (praat oor probleme) nie genoeg waardeer en gebruik word nie. Ons almal gaan soms deur uitdagende en moeilike tye in ons lewens, maar ons kan nie net daardeur kom nie, maar kan selfs daardeur groei. Deur met die regte persoon te gesels en hulle leiding en ondersteuning te gebruik, kan jy jouself ontwikkel in die beste JY wie jy wil wees. Ek glo verder dat geselsterapie ondersteun moet word deur liggaamsmodaliteite om die stress en trauma wat in die liggaam gestoor is te bevry - daarom dat ek tans kraniosakrale terapie studeer.