Programme

As ‘n deel van wat ek doen as ‘n berader, en in my poging om soveel mense as moontlik te help om vervulde lewense te lei, bied ek die volgende programme aan:

Woedebestuur

Woede is ’n emosie soos enige ander, maar vir baie van ons bring die uitdrukking van woede probleme mee.

As jy sukkel om jou woede op ’n gesonde of sosiaal aanvaarbare manier uit te druk, sluit gerus aan by my 6-sessie program waarin jy sal leer om ’n respekvolle verhouding met jou woede te hê — sodat dit jou nie beheer nie.

Onderwerpe wat ons sal bespreek, sluit in:

  • Hoe verlies van beheer lyk, en teen watter koste dit kom
  • Leer ken jou snellers
  • Gesinsgeskiedenis en/of om die oorsprong van jou woede op te diep
  • Effektiewe kommunikasie

Kliek Kontak vir die prys en bestelling.

Selfbeeld

Het jy ’n stem in jou kop wat sê: “Jy is nie goed genoeg nie,” “Jy gaan dit nooit regkry nie,” of “Jy maak nie saak nie”? Of dalk is dit nie ’n stem nie, maar eerder ’n aanhoudende gevoel dat jy nie goed genoeg is nie, dat jy nie dinge reg kan doen nie, of dat jy nie die reg of vermoë het om vir jou behoeftes op te staan nie.

Hierdie program is vir dié wie moeg is vir daardie stem en gevoelens — en wie gereed is om iets sterker in die plek daarvan te bou: selfrespek, innerlike selfvertroue, en ’n sagter manier van wees met jouself.

Of jou lae selfbeeld nou opduik in verhoudings, jou loopbaan, of net in hoe jy oor jouself voel wanneer niemand kyk nie — hierdie reis sal jou help om weer kontak te maak met jou waarde, jou sterkpunte en jou eie stem.

Sluit aan by ’n werkswinkel waar ons onderwerpe soos die volgende gaan aanspreek:

  • Die konsep van selfbeeld
  • Innerlike dialoog
  • Denkfoute
  • Praktiese hulpmiddels om jou selfrespek en selfvertroue te bou.

Kliek Kontak vir die prys en bestelling.

Ander-tevredegesteldheid (People-pleasing in Engels)

Sê jy “ja” wanneer jy “nee” wou gesê het? Doen jy goed wat jy nie wil doen nie want jy’s bang as jy dit nie doen nie gaan mense nie van jou hou nie? Vermy jy konfrontasie omdat jy senuagtig is dat jy verwerp mag word? As jy ja geantwoord het op enige van die vrae, dan mag jy dalk ‘n ander-tevredesteller wees.

Hierdie program is vir dié wie moeg is daarvoor om hulle eie behoeftes opsy te skuif om ander tevrede te stel.

Sluit aan by die werkswinkel waar ons onderwerpe soos die volgende sal aanspreek:

  • Die prys wat jy betaal om te gereeld aangenaam te wees
  • Hoe aangenaamheid ‘n vorm van manipulasie kan wees
  • Hoekom tevredegesteldheid ‘n kultuur van oneerlikheid kweek.

Kliek Kontak vir die prys en bestelling.

24 Dag Verslawing/Kompulsiewe Gedrag 12-Stap Mentorskap en Berading Program

Hulp vir verslawing en enige kompulsiewe gedrag in nou meer toegangklik as ooit. As jy ‘n selfoon met data besit, of ‘n rekenaar met ‘n internetkonneksie het, en jy wil ‘n pad van vryheid van verslawing of kompulsiewe gedrag begin, dan is behandeling nou beskikbaar.

Dit is so goed soos ‘n buite-pasiënt program, in die gemak van jou eie huis.

Dit is wat my 24 Dag 12-Stap Verslawing/Kompulsiewe Gedrag Mentorskap en Berading Program behels:

  • Jy kry ‘n kopie van my boek, “The First Layer: Work through the 12 steps in 21 days”.
  • Ons gebruik “The First Layer” en ek mentor jou deur die 12 stappe in 21 sessies, nie langer as 50 minute per sessie nie.
  • Jy kry drie addisionele 50-minute berading-sessies, tydens die durasie van die program. Een voor ons die stappe begin, een na stap drie en een aan die einde van die program.

Met moderne tegnologie, kan die mentorskap en berading in een van vier maniere gedoen word:

  • Aangesig-tot-aangesig (as jy in of naby Witrivier is),
  • Zoom,
  • Microsoft Teams,
  • Google Meet, of
  • WhatsApp video oproep

Jy kan enige plek in die wêreld wees en nog steeds die een-tot-een pad tot persoonlike groei begin.

Kliek Kontak vir die prys en bestelling.

24 Dag “Life Anon: 12 Step Guide to Life” Persoonlike Groei Ontdekkingsreis

Is daar akpekte van jou lewe wat jy voel jy aan moet of wil werk? Hou isolasie, jaloesie of uitstelgedrag (prokrastinasie) (of enige iets anders wat jy uitdagend vind) jou terug om jou lewe voluit te leef? Indien wel, dan is my 24-dag Life Anon Persoonlike Groei Ontdekkingsreis net die ding vir jou.

Die program gebruik die beginsels van 12-stap programme en pas dit toe op normale, dag-tot-dag goed wat ons lewens swaar laat voel. Dit is wat die ontdekkingsreis behels:

  • Jy kry ‘n kopie van my boek: “Life Anon: A 12-Step Guide to Life”
  • Ek lei jou deur die boek in 24 berading/mentorskap sessies

Met moderne tegnologie, kan die mentorskap en berading in een van vier maniere gedoen word:

  • Aangesig-tot-aangesig (as jy in of naby Witrivier is),
  • Zoom,
  • Microsoft Teams,
  • Google Meet, of
  • WhatsApp video oproep

Jy kan enige plek in die wêreld wees en nog steeds die een-tot-een ontdekkingsreis tot persoonlike groei stap.

Kliek Kontak vir die prys en bestelling.